Geloofsgroei


"Klim op ’n hoë berg en roep hard, Sion, jy wat die goeie tyding moet bring; roep hard Jerusalem, jy wat die goeie tyding moet bring, moenie bang wees nie. Sê vir die stede van Juda: Julle God is hier! Die Here God kom, Hy is die Magtige, Hy regeer. Hy bring die volk saam wat Hy Syne gemaak het, dié wat aan Hom behoort, is by Hom." – Jesaja 40:9-10

Stilworduur

So baie gelowiges het ’n behoefte daaraan om God te belewe van uit ’n ander dimensie met ’n kontemplatiewe karakter. Die Stilworduur wat eenmaal ’n kwartaal aangebied word is ’n poging om aan hierdie behoefte te voldoen. Soos die naam aandui is die diens bedoel om net een uur lank te duur en daar word gefokus op die Woord, musiek, stilgebed en stilte. Kontak Esmari Borchardt of Shani Vavruch vir meer besonderhede.

<

Span

Esmari Borchardt
Gerrie Rabe
Marina de Waal
Shani Vavruch

  • Bo