Terugblik

Waar kom ons vandaan?

Die NG gemeente Constantia het in 1968 afgestig van die NG gemeente Zwaanswyk. Die Constantia kerkgebou is in 1973 in gebruik geneem. Mnr Pieter Pelser was die argitek. In dieselfde jaar wat Constantia gemeente afgestig het van Zwaanswyk, is daar in Houtbaai ’n nuwe kerksaal opgerig waar ’n erediens elke Sondag gehou is. Voorheen was die Houtbaai dienste gehou in ’n klein kerkie langs die Constantianek pad wat met ’n Engelse gemeenskap gedeel was.

Die grense van NG Constantia strek van Dieprivier, Heathfield, Retreat, Bergvliet, Kreupelbosch, Meadowridge, Constantia en Constantia Heuwels en voor 2014 het dit ook die wyk oor die berg in Houtbaai en Llandudno beslaan.

Dit was deel van die Constantia leraar se opdrag om elke Sondag in die skoolkwartaal twee dienste te hou, een aan elke kant van die Berg. Die vorige twee voltydse leraars was di Z B Badenhorst en I L de Villiers, is deur ds J U Theron opgevolg. By geleentheid is daar ook op ’n deeltydse basis van die hulp van ander leraars gebruik gemaak oa ds Why Duvenage en ds Jalize Mouton. Ds Uys Theron tree af in Februarie 2012. Sedert 2007 is ds Vernon Louw aangestel as predikant in Houtbaai, en met ingang 2010 ds Gerhard Pietersen, voorheen van Mosselbaai.

Op 1 Junie 2014 het die Houtbaai wyk oorgegaan tot kerkplanting. Ds Gerhard Pietersen is beroep as eerste predikant en 'n eie Kerkraad is gekies. Die nuwe gemeente staan bekend as Houtbaai Gemeente.

Op Sondag 10 Augustus 2014 word Elsché Eygelaar in Constantia bevestig as tentmaker leraar.

Vir meer oor Houtbaai Gemeente kliek hier.