TEDDIEBEERFEES


Eenmaal ’n jaar hou ons Teddiebeerfees! Jonk en oud is welkom op 1 Mei vanaf 10:00 tot 16:00.

Bring die hele gesin saam om piekniek te kom hou en moenie die teddiebere by die huis vergeet nie. Daar sal heerlike kostafels wees om van te kus en te keur.

Die jongklomp kan die omgewing van ’n oorvloed teddiebere en die vryheid geniet en almal kan deelneem aan die Teddiebeerkompetisies en ontspan. Daar sal ook aktiwiteite vir die kinders wees.

Die Teddiebeertafels bied ’n verskeidenheid van die mooiste handgemaakte teddiebere tot materiale en benodigdhede om teddiebere met die hand te maak. Die Kaapse Beergemeenskap verseker dat die teddiebere van ’n baie goeie gehalte sal wees.

Die opbrengste van die kostafels op die dag gaan aan NG Kerk Constantia se uitreikaksies en projekte. Dus kom en geniet die dag in die Constantia-vallei en dra by tot ’n goeie doel.

Sien jou daar!


Fotos van die Teddiebeerfees in 2009

Fotos van die Teddiebeerfees in 2013