Waar is Ons


kaart

Op hierdie kaart is die kerk se posisie aangedui deur die swart pyl, Ladies Mileweg is die straat wat van bo na onder loop, Firgroveweg kruis van links na regs oor die sirkel. Kliek op die kaart om die M3 snelweg te sien, kliek en trek die muis om die kaart te beweeg, gebruik die + en - knoppies bo links om te vergroot en te verklein.

Om by ons uit te kom:

Adres: h/v Ladies Mile en Firgroveweg, Kreupelbosch. Toegang tot die parkeer area is vanaf Waltersweg links van die kerk.

Van die M3 rigting suid na Muizenberg draai af met die Ladies Mileweg afrit. By die robot reg oorkant die Engen petrolstasie draai regs in Ladies Mileweg in en hou aan tot by die verkeersirkel. Op pad na die sirkel sal die kerk alreeds op die hoek regs van die sirkel sigbaar wees. Ry om die sirkel en draai regs in die straat (Waltersweg) in agter die kerk om by die parkeerarea in te ry.

Van die M3 rigting noord na die stad draai af met die Bergvliet/Ladies Mileweg afrit. Draai regs in Ladies Mileweg in, weg van die berg af. By die robot met die Engen petrolstasie aan die linkerkant hou reguit aan in Ladies Mileweg na die verkeersirkel. Op pad na die sirkel sal die kerk alreeds op die hoek regs van die sirkel sigbaar wees. Ry om die sirkel en draai regs in die straat (Waltersweg) in agter die kerk om by die parkeerarea in te ry.

Van die Hoofweg M4 tussen Plumstead en Tokai draai op in Ladies Mileweg rigting Houtbaai, berg se kant toe. Hou reguit aan tot by die verkeersirkel. Die kerktoring is sigbaar op die oorkantse linkerhoek. Draai links in Firgroveweg in en dadelik weer regs in Waltersweg om by die parkeerarea agter die kerk in te ry.