Inligting vir Doop, Huwelike, Siekte & Sterftes

Doopregistrasie

Tree minstens ’n maand voor die doop in verbinding met u leraar.

Huwelike

Voornemende egpare moet asseblief minstens 3 maande vooraf met die leraar skakel voordat finaal op ’n datum besluit word. Elke bruidspaar moet die koster en orrelis persoonlik nader en die nodige reëlings tref. Liedere vir solosang moet van ’n aard wees wat by die huweliksdiens pas.

Geen konfetti asseblief.

Siekte / Sterfgevalle

Stel asseblief u dienswerker of blokouderling in kennis.

Vir begrafnisse / roudienste moet ondernemers self met die koster en orrelis reël.