
Omgee
"Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen." – Matt 25:40
Jy verstaan eers waaroor menswees gaan wanneer jy iets vir iemand anders kan beteken en die ongelooflike waardering in hul oë sien! Dit is ons plig as Christene om blydskap te bring aan mense wat siek is, pyn verduur, moeilike tye beleef of net liefde en aandag nodig het! Almal het 'n binneste!
Maart en September is BADISA Maand
Dit beteken dis ons beurt om kos en ander bydraes vir BADISA (Wynberg) in te samel. Hulle ervaar tans ’n verhoging in gesinne wat voedsel benodig soos:
- Blikkieskos (bv tuna, viennas, soutvleis, ertjies, mielies, tamatie en uie)
- Kits Kosse (bv 2 minute noodles, soppoeier, cup a soup, cup a snack)
- Droë Produkte (bv pap, suiker, koffie, tee, meel, poeier melk, rys, soya produkte, grondboontjie botter, kookolie, stroop, konfyt, Marmite)
- Toiletware (bv seep, tandepaste, hande- en lyfroom, toiletrolle)
- 'n Kuier geleentheid vir lidmate.
- 'n Kuier geselligheid vir die seniors.
- Skakel by projekte soos voedselinsameling in. Maart en September is ons jaarlikse insamelingsmaande vir BADISA.
Gebruik maar u verbeelding – enigiets wat elke mens in die huis nodig het, sal welkom wees. Bring dit asb hierdie maand Sondae saam kerk toe of ander tye na die kerkkantoor.
Kontant bydraes kan ook gegee word. Kontak die BADISA kantoor in verband hiermee by 021 761-2671.
Baie dankie – mag die Here u seën.
Projekte
Hieronder is die projekte waarmee jy kan help. Wees deel van ons span. Hoe meer mense help, hoe meer sukses kan ons bereik! Almal het iets om te bied!
-
Omgeetee na die diens laaste Sondag van die maand:
-
Vriendekring
-
Alimentasie:
- Dit behels die finansiële ondersteuning van die kerk aan werklik behoeftige mense in ons gemeente. In hierdie ekonomiese tye is daar nou meer gereeld mense wat hul werk of broodwinner verloor en werklik nie weet waar die volgende ete vandaan gaan kom nie. Ons ondersteun hierdie mense sodat hulle hul menswaardigheid kan behou terwyl die wa deur die drif getrek word.
Span
Christina Lötter - spanleidster
Antoinette Coetzee
Helmien Prins
Andrea Vavruch